Baie geluk aan Marli Botha van Hoërskool Strand wat in die Senior Atletiek Bolandspan opgeneem is wat by SA’s gaan kompeteer.
Hierdie SA-byeenkoms vind op 16 en 17 April in Pretoria plaas. Dit is ‘n fantastiese geleentheid en baie groot eer vir Marli as 18-jarige (junior) hamergooier.
Hoërskool Strand is trots op hierdie Arend!
Foto verskaf