)

Hoërskool Strand Aflos-byeenkoms 2019

Op Saterdag, 7 September, het Hoërskool Strand se sesde jaarlikse aflos-byeenkoms plaasgevind. Ongeveer 400 atlete van 12 skole van die omgewing het deelgeneem. Die deelnemende skole was Strand (die gasheerskool), Hoërskool Stellenbosch, Hottentots-Holland, Parel Vallei, La Rochelle, Hoër Meisieskool Paarl, Hoër Jongenskool Paarl, Paul Roos Gimnasium, Bloemhof, Bellville en Fairmont. Dit was ‘n dag van pret, waar deelname eerder as prestasie getel het, aangesien daar nie ‘n wenskool aangewys is nie.

Die program het uit verskillende aflositems bestaan – ‘n 4x200m, 4x100m, ‘n medley-aflos (bestaande uit ‘n 100m 100m, 200m, 400m en 800m). Dan was daar ook ‘n individuele mylwedloop, waaraan 35 meisies- en 16 seunsatlete deelgeneem het.

Die dag is afgesluit met ‘n massa-aflositem, waaraan 9 spanne van 24 atlete elk gesamentlik op die baan was. Die 9 deelnemende meisiespanne moes vir hulle elk ‘n seunspan uit ‘n hoed trek en dan moes die span kophou dat die stok by die oorgeepunte in die regte hande beland.

Groot dank aan die instansies, Flameros en EPT Recovery, wat produkte geborg het om in die beamptes en atlete se saamneempakkies te plaas. SIX WEEKS se koffiestalletjie, wat al sinoniem met Hoërskool Strand se sportbyeenkomste is, het ook (koffie)geur en energie aan die byeenkoms verleen.

Produkte is ook deur Francois Fouché, die organiseerder van die Straatmyl tydens die Stellenbosch Woordfees, geskenk sodat daar ‘n paar gelukkige persone kon wees wat in ‘n gelukstrekking pryse gewen het.

Die aflosbyeenkoms was beslis ‘n groot lekkerte vir almal wat daarvan deel was.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal