Hoërskool Strand spog vanjaar met 14 A-gemiddeldes. Tydens ‘n oggend gelaai met afwagting is die 14 A-kandidate voor die matriekgroep van 2020 aangekondig, waarna die res ook met groot opgewondenheid hul uitslae in ontvangs kon neem.
Die onderwysers van Hoërskool Strand spreek hul trots uit oor hierdie groep matrieks wat soveel struikelblokke moes oorkom.
“Ons wens julle alle sukses toe met jul loopbane vorentoe. Mag die Arende van 2020 aanhou uitstyg en hoog vlieg.”
#ArendTude