Foto vlnr: Ané Venter, Megan Leonard en Elizmor Olivier
Hoërskool Punt se matriekgroep van 2020 was verseker ‘n groep met visie en deursettingsvermoë. Ten spyte van Covid-19 kon hul daarin slaag om hul oog op die einddoel, naamlik om matriek te bemeester, deurgaans in die oog te hou.
Die resultaat van hierdie ingesteldheid was indrukwekkend. Dit het weereens bewys dat ʼn goeie fondament in die onderrig van ʼn leerderder die deurslag lewer. ʼn Slaagsyfer van 98.5% word bereik. ʼn (Bachelor) vrystellingsyfer van 93.87% word deur die matrikulante bereik. Dit is 7% hoër as die vorige jaar. ʼn Skitterende prestasie. 290 A-simbole word ingepalm. 27 kandidate behaal ʼn A-gemiddeld. Hierop is Hoërskool Punt opreg trots. Welgedaan
Hierdie pragtige uitslae is egter nie net te danke aan die leerders nie. Agter hulle staan daar ʼn verenigde ouer-en onderwyserskorps wat almal deel vorm van 2020 se sukses verhaal.
By die skool was daar ʼn span onderwysers wat bereid was om die ekstra myl met die leerders te stap. Tuis, veral met e-leer wat vir almal nuut was, het ma en pa daardie ekstra koppie koffie aangedra en deel gevorm van die gedugte Punt-span.
Saam het hierdie groep bygedra om die tradisie van uitnemendheid gestand te doen.
The following 27 candidates got an overall A-aggregate:
1. LEONARD MEGAN (95%) 7 distinctions
2. VENTER ANE (90%) 7 distinctions
3. OLIVIER ELIZMOR (90%) 7 distinctions
4. DE LANGE JUANIQUE (90%) 7 distinctions
5 . VAN DER GRYP LENE (90%) 7 distinctions
6 . MEYER WJ (90%) 7 distinctions
7. KRUGER DANIELLE (87%) 7 distinctions
8. BOOYENS BIANCA (87%) 5 distinctions
9. PAUW WENTZEL (87%) 7 distinctions
10. ADREANI ANNA-MARIA (87%) 6 distinctions
11. OOSTHUIZEN MIEKE (86%) 6 distinctions
12. KOTZE ANE (86%) 6 distinctions
13. LOUW CORITA (86%) 6 distinctions
14. JOUBERT SUNE (85%) 6 distinctions
15. ESSELEN LOUIS (85%) 5 distinctions
16. BERRINGTON MIKAEL (84%) 6 distinctions
17. DOMINGO NABEELAH (84%) 5 distinctions
19. RHEEDER CAROLYN (83%) 6 distinctions
21. KOEN SIMONE (81%) 3 distinctions
22. GROBLER LIANE (81%) 4 distinctions
23. BENN ANKE (81%) 5 distinctions
24. VAN DER MERWE ZEDA (81%) 4 distinctions
25. THERON REVIN (81%) 4 distinctions
26. PIENAAR RYAN (80%) 4 distinctions
27. BOOYENS LIZE -MARI (80%) 4 distinctions
Congratulations Class of 2020! PROUDLY POINT