Die eerste seunshokkiespan (met 8 matriekspelers) het die 2019-seisoen op ‘n hoë noot afgesluit deur ‘n wedstryd teen die Strand Old Boys op Vrydag 9 Augustus te speel.
Die Old Boys se span het spelers ingesluit van 19 tot 30-plus jaar oud, maar dit was duidelik dat die “oumanne” nog baie lewe in die hokkielywe het. Hulle het vir opwindende spel gesorg en die skoolseuns omtrent laat bontstaan.
Die eerste seunspan het op die ou end met 2 – 1 geseëvier.
Natuurlik het die Hoërskool Strand spankreet na die wedstryd oor die veld weergalm!