Werk-en-Wen Voortrekkerkommando het Saterdag, 10 Oktober, hulle Eeufees (1920-2020) gevier.
Werk-en-Wen is nie net die oudste Voortrekkerkommando nie, maar is ook die kommando van talle eerstes. In Werk-en-Wen vind ons die spore van Japie Heese, Die Voortrekkers se eerste Hoofsekretaris uit die Vrystaat; Vader Visser, die eerste Vrystaatse gebiedsleier en tweede hoofleier, asook Corlia Botha, die eerste vrou wat Hoofsekretaris geword het. Corlia het ook saam met die jeugleiers n olienhoutboom geplant.
Oom Josias Swanepoel wat ‘n toekenning ontvang het vir 75 jaar getroue diens is deel van Werk-en-Wen. Vyf Presidentsverkenners het hulle PV-toekenning ontvang en Marietjie Van der Walt het namens Werk-en-Wen die Hoofleierstoekenning in ontvangs geneem. Dit was voorwaar n historiese dag.
Die Voortrekkers hou steeds koers.
Foto’s verskaf