Op Vrydag 9 Oktober 2020 het juf. Heiletta Schoeman tydens ‘n virtuele gradeplegtigheid van die Universiteit van die Vrystaat haar meestergraad in musiek (M Mus) behaal. Die titel van haar verhandeling is: Die rol van lokus van kontrole in volgehoue instrumentale onderrig by leerders op sekondêre vlak. As studieleiers het dr. AMF de Villiers en dr. RBI Beuke opgetree.
“Ons is baie trots op juffrou!”