Werno Roodt, graad 11, het die afgelope week aan nasionale opelug saalperiode-kampioenskap deelgeneem.
Die skou is die wêreld se grootse opelug nasionale skou.Werno behaal die volgende prestasies: ‘n Derde plek in die 18 jaar en jonger: SA-Kampioen ‘fine harnes’-klas op Mr. McBeal. ‘n vyfde plek in die SA-kampioen kinderparkperd op Springpower. Hy kwalifiseer vir die SA-grootkampioen parkperd-klas, vertoon deur ‘n kind en behaal ‘n agtste plek.
Sentraal is trots op jou, Werno.
Foto verskaf