)

Hoërskool Salomon Senekal Graad 12 Prysuitdeling

Die eerste drie klasposisies: Henko Labuschagne (3de ), Caroline Nunes (1ste en DUX-leerling), Jeané Swanepoel (2de)
Hoërskool Salomon Senekal van Viljoenskroon, wens al hul matrieks geluk wat tydens die Gr.12-prysuitdeling toekennings ontvang het. “Ons is só trots op jul harde werk en toewyding.”
Hier is die beker- en trofeewenners!
CAROLINE NUNES ontvang die DUX-beker, asook trofeë as beste presteerder in Afrikaans Huistaal, Engels Eerste Addisionele Taal, Lewenswetenskap, Verbruikerstudie en ‘n Skoolhoofaanprysingsertifikaat vir drie jaar agtereenvolgens vol-erekleure vir akademie.
JEANÉ SWANEPOEL ontvang die trofeë as die beste presteerder in Wiskunde, Rekeningkunde en Rekenaartoepassingstegnologie, asook ‘n skoolhoofaanprysingsertifikaat vir drie jaar agtereenvolgens vol-erekleure vir akademie. Die deel ook die beker as die veelsydigste leerling in Graad 12.
OTTO JORDAAN ontvang die trofeë as die Krieketspeler van die Jaar en Hengelaar van die Jaar, asook ‘n skoolhoofaanprysingsertifikaat vir vier jaar agtereenvolgens vol-erekleure vir Hengel en drie jaar agtereenvolgens die veelsydigste leerling in sy klas. Hy deel ook die beker as die veelsydigste leerling in Gr.12.
HENKO LABUSCHAGNE ontvang die beker as die beste presteerder in Wiskunde Geletterdheid.
HERCU DU PREEZ ontvang die trofee as die beste presteerder in Fisiese Wetenskap.
ELISMA OLIVIER ontvang die trofee as die beste presteerder in Landboubestuurspraktyk.
LEZANDRI VAN DEN BERG ontvang die trofee as Krieketspeler van die Jaar.
WICO THERON ontvang die beker as die beste presteerder in Ingenieursgrafika & Ontwerp.
Foto’s verskaf
Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal