Hoërskool Salomon Senekal in Viljoenskroon het begin voorberei vir ‘n Vuur en Vlam jaar. Die personeel het Dinsdag, 25 Januarie 2021 die jaar afgeskop met ‘n bedrywige dag vol besprekings, beplanning en motivering. Die dag is afgesluit met ‘n bemoedigende en heerlike personeelverwelkomingsfunksie. Na ‘n gepaste opening deur ds. Dries Cronje, het hulle ‘n nuwe tradisie ingestel waar die skoolvlag deur mnr. en mev. Nortman gestryk is om die einde van die eerste dag te simboliseer. Daarna is hulle verkwik met ‘n kragtige boodskap van HOOP deur dr. Johan Smith van VitaAmp. Die Villie-personeel sien met hoop uit na 2021.
Villies – Vuur en Vlam!