Hoërskool Robertson is baie trots op hul o/15 krieketspelers en afrigter, Mnr Heino Haas Warnich, wat gister met 103 lopies gewen het teen Hoërskool Breërivier van Worcester.
Hulle sluit ook die seisoen op ‘n hoogtepunt af met ‘n algehele 8 uit 9 wedstryde oorwinning vir die seisoen.
Welgedaan manne, julle maak ons sommer baie trots.