Anje Marais van Hoërskool Robertson is verkies tot hoofdogter by die Hugo Naudé Kunssentrum in Worcester vir 2021. Sy neem Visuele Kommunikasie – Ontwerp as haar 8ste vak.
Ingeskrewe leerders van die Hugo Naude Kunssentrum is van 6 ander skole in die distrik. Tans is Anje die enigste leerder van Hoërskool Robertson.
Robbies is baie trots op hierdie uitstekende prestasie van Anje.