Hoërskool Robertson het hul eerste tuiswedstryd op hul astro-baan, waartydens die baan dan ook amptelik deur die huidige en vorige beheerliggaam asook die astro-baankomitee geopen is, gespeel.
Hiermee spreek die skool ‘n opregte woord van dank en waardering uit teenoor elke besigheid en persoon wat dit moontlik gemaak het om hierdie projek suksesvol af te handel. Sonder hul betrokkenheid sou dit slegs ‘n droom gebly het.