Vlnr: Sherelle Nel, Dené Lourens, Cornél Stadler, Jeanette van den Berg, Niel Neethling, Uys le Roux (Skoolhoof), Riana Terblanche, Adri van Deventer, Nicola Deyzel, Ria Barnard en Amelia Zitzke
Hoërskool Reitz het ‘n groot hoogtepunt beleef. Die Skole Ondersteuningssentrum (SOS) wys jaarliks die Top 20-kleinskole in Suid-Afrika aan, gegrond op die aantal leerders en die aantal onderskeidings (17 leerders/ 30 onderskeidings).
Hoërskool Reitz is volgens hierdie kriteria aangewys as die tweede beste skool in Suid-Afrika. ‘n Spogprestasie waarop die skool nederig trots is. Die matriekonderwysers het die toekenning ontvang.
Foto verskaf