Foto vlnr: Mnr. Johan Volsteedt, Mnr. Uys le Roux (Skoolhoof van Hoërskool Reitz) en Attie Steyn (ITEC)
Hoërskool Reitz se graad 12-leerders en personeel het na ‘n uiters opbouende en positiewe gesprek met Mnr. Johan Volsteedt (voormalige skoolhoof van Grey Kollege Sekondêr in Bloemfontein en huidiglik betrokke by ITEC) gehad. Dit was voorwaar ‘n voorreg om na so ‘n inspirerende spreker met soveel lewenswysheid te kon luister.
Foto verskaf