)

Hoërskool Punt Vlotvaart 2019

Op Vrydag, 8 Februarie, was dit weer Hoërskool Punt van Mosselbaai se jaarlikse Vlotvaart! Hierdie gebeurtenis is een van die Visse se hoogtepunte op die jaarprogram. Die leerders kan aan enige van die aktiwiteite deelneem. Daar is natuurlik ook die spanne wat voluit gaan met hul uitrustings vir die dag.

Vlotvaart, bou van sandkastele, Mnr. en Me. Santos, “touchies”, toutrek en nog vele meer aktiwiteite is aangebied. Dit was ‘n heerlike sonskyn-dag en die leerders het hulself gate uit geniet.

Personeel en ouers het met die toutrek die skare omtrent vermaak met hul pogings om regop te bly in die sand.

Die dag is afgesluit met die kies van Mnr. en Me. Santos. Vanjaar se wenners is as volg:

Me. Santos Jnr: Jané du Preez
1e prinses: Ezané Taylor
2e prinses: Jandri Snyders

Mnr. Santos Jnr: Wayne Smith
1e prins: Stefan Fourie
2e prins: Jacques Fourie

Me. Santos: Corita Louw
1e prinses: Meghan Young
2e prinses: Andrea Kommer

Mnr. Santos: Hansie Barnard
1e prins: Taegan van Niekerk
2e prins: Ernest Lamprecht

Foto bo: Mnr en Me Santos-wenners:

Voor: Jandri Snyders, Jané du Preez, Wayne Smit en Ezané Taylor.

Agter: Andrea Kommer, Ernest Lamprecht, Taegan van Niekerk, Hansie Barnard, Corita Louw, Stefan Fourie, Meghan Young en Jacques Fourie

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal