Hoërskool Punt. Meneer Geoffrey Scott is vanaf die skooljaar, 2022 aangestel by Hoërskool Punt in Mosselbaai. Hy is oorspronklik van Bloemfontein en het sy graad by Kovsies voltooi. Hy was betrokke by Hoërskool Fichardtpark in Bloemfontein se Geskiedenis departement. Hier was hy ook mede-afrigter van die skool se krieketspan en spanbestuurder van Suid-Vrystaat Krieket.
“Ek sien uit om by Punt ‘n verskil te maak en ‘n platvorm te skep waar leerders hulle volle potensiaal kan bereik in sport en akademie.” Geoffrey Scott.
Lees meer nuus: https://schoolsthatrock.co.za