Twee van H/Skool Punt se leerders, Francois Gerber en Shania Fincham het op 6 Mei 2017, in Kaapstad aan die Departement van Waterwese se jaarlikse Ekspo deelgeneem.
Vanjaar se tema het gehandel oor die effek van verskillende tipes water-filtreersisteme op plante. Daarvan kan ook afgelei word dat dit dieselfde effek op die mens sal hê.
Ons leerders, onder leiding van Me. Hurford (onderwyseres), het ‘n puik tweedeplek in die Wes-Kaap verower.
Foto: Francois Gerber, Shania Fincham en Me. Hurford.