Die jaarlikse Vaatjie-gholfdag is vanjaar vir die 37ste jaar gehou. Dit word tussen die spanne van Hoërskool Punt, Laerskool Park, Laerskool Hartenbos, Milkwood Primary School en Country Eagles (Laerskool Vorentoe, Laerskool Herbetsdale en Laerskool Buffelsfontein) gespeel.
Vanjaar se uitslag:
1ste plek: Hoërskool Punt
2de plek: Country Eagles
3de plek: Laerskool Hartenbos
4de plek: Laerskool Park
5de plek: Milkwood Primary School
Individuele wenners:
Mnre. M Pelser en R Lessing van Hoërskool Punt
Borge-wenners:
J. Rabe en O. Lang van Konica Minolta
Daar is ook vanjaar ‘n kolhou (hole in one) deur Mnr. O Lang (Konica Minolta) op gaatjie nommer 15 geslaan. Dit is die eerste kolhou in die geskiedenis van die Vaatjie.
Hoërskool Punt het vanjaar die Vaatjie vir die vierde keer in ‘n ry (2015 – 2018) gewen. Die wenners van die Vaatjie is verantwoordelik om die volgende jaar se Vaatjie aan te bied.
Baie dankie aan die borge: Little Big Book Store, Konica Minolta, Volkswagen Mosselbaai, Ford Mosselbaai en Cachalot Mosselbaai
Baie dankie aan elkeen wat by hierdie dag betrokke is.
(foto): Vlnr: Mnr. W. van Huyssteen (Skoolhoof: Laerskool Hartenbos), Mnr. J. Joubert (Departementshoof: Laerskool Hartenbos), Mnr. F. Pieterse (Adjunkhoof: Hoërskool Punt) en Mnr. A. Gouws (Skoolhoof: Hoërskool Punt).