)

Hoërskool Punt Trolley dash – Dertig spanne van Graad 8 tot 12

Hoërskool Punt Trolley dash. Op Vrydag, 11 Februarie, het Hoërskool Punt se Trolley Dash met groot ‘fanfare’ plaasgevind. Ongeveer 30 spanne van Graad 8 tot 12 het deelgeneem aan die Trolley Dash. Die dag het beloof om vir groot opwinding te sorg en het definitief nie teleur gestel nie.

Daar was verskeie kategorieë waaraan die leerders kon deelneem. Hulle kon kreatief wees met trollies wat deur Pick ‘n Pay Hartenbos en Spar Da Nova geskenk is vir die dag. Die tweede kategorie het bestaan uit ‘n outydse en eenvoudige resies om ‘n baan in trollies wat deur Mikeva geskenk is vir die dag.

Resiesbaan

Die resiesbaan was uiteengesit voor die koshuis, Huis Pepler. Die leerders het in hulle onderskeie graad-groepe deelgeneem om te sien wie se trollie die vinnigste is. Na baie noue ontkomings is die wenners gekroon. DIe span wat met die louere weggestap het op die dag was die Auzies (3 leerders van graad 8A6). Hulle het gewys dat, as jy hulle saamneem supermark toe, hulle nie lank sal neem om deur al die rakke te stap nie!

Spanne wat meer kreatief was, kon hul trollies versier. Daar was ‘n Formule 1 tipe resiesmotor met rook en stoom wat ‘n mens die idee gegee het dat jy op Abu Dabi se resiesbaan gesit het! Daar was ook leerders wat hul trollie versier het met groen blare en het ‘n beroep gedoen op almal daar om die omgewing te bewaar! 

Bedankings

Hoërskool Punt wil graag dankie sê aan elke onderneming wat trollies geskenk het vir die dag asook die Good Shed en verskeie stalletjies in die Good Shed, wat kontant geborg het. Ice cream shop by die punt, het ook ons wenners bederf met koopbewyse vir roomys.

“Ondersteun asseblief ons borge! Ons is baie dankbaar vir elkeen se bydrae! Ons hoop om julle almal volgende jaar weer daar te sien!”

Foto’s verskaf

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://www.pointhighschool.co.za/

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal