Die gesegde lui dat niemand onvervangbaar is nie, maar sommige mense laat ‘n ongelooflike leemte wat met jare getrap is deur harde werk, omgee en vriendelikheid wat vir ewig onthou sal word. Veertig jaar gelede het Sara (Saartjie) Jansen as jong meisie haar loopbaan begin vorm by Huis Pepler. Dit was in die dae toe Hoërskool PUNT nog in die Laerskool Milkwood se geboue was. Vir ‘n salaris van R35 per maand en  ses dae’n week het hierdie jong vrou vele Mosselbaaiers kos gegee, skoon gemaak en ‘n rol gespeel in hul opvoeding, weg van hul ouerhuis. Haar stories vandag in die kombuis van  40 jaar terug, laat jou soms lekker lag en ander kere ook lekker huil, maar een ding staan uit – SARA jy het ‘n groot verskil in baie se lewens gemaak! Dis met groot hartseer dat ons dan ook nou vir haar in September hierdie jaar moet groet. Ons wens jou ‘n heerlike aftrede toe en dat jy nou die volgende 40 jaar sal ontspan en aan jouself sal spandeer. Indien jy dalk in Huis Pepler was en vir haar ‘n boodskappie wil stuur kan dit gestuur word na huispepler@gmail.com

Become a Sponsor