Soos elke keer vantevore was die besoek deur Hoërskool Punt aan die Bet-El Huis versorgingseenheid uit ‘n ander wêreld en vol pret. Trane het gerol en maagspiere het behoorlik gewerk van die stories wat hulle kan kwyt raak.
Op Maandag, 14 Mei, het van Hoërskool Punt se leerders Bet-El Huis besoek om vir die bejaardes te wys dat hulle as Senior Burgers wel iets beteken vir ander mense. Ons het vir hulle ‘n lekker koek gebak en klere wat aan die projek geskenk is, is uitgedeel. Tannie Patsy het vir ons ‘n modeperade gehou waar sy dan besluit het watter klere haar die beste sal pas.
Ons beoog om in die nuwe kwartaal ‘n insameling te hou vir klein dingetjies soos toiletware, inkleurboeke en kryte, en ander dingetjies wat hulle in die toekoms kan help. Enige skenkings kan by me. Van Staden by Hoërskool Punt afgegee word. Skenkings moet gemerk word as bedoel vir die Bet-El Projek.
Foto aangeheg: Bianca de Swardt by een van die inwoners