)

Hoërskool Punt Prefektekamp 10-14 Oktober 2018

[et_pb_section bb_built=”1″][et_pb_row][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_text _builder_version=”3.12.2″]

Vier dae by ‘n “backpackers”-venue!  Spanbou-aktiwiteite tot vervelens toe! ‘n Kamp Staaldraad in die kleine… Dis mos waarom al die onderwysers die leiers sterkte toegewens het, nie waar nie?

Groot was die verbasing toe die karige “backpackers”-venue eintlik die luukse Gouritsmond Eco Marine Lodge en Venue is. Netjiese kamers met die see op die voorstoep het die prefekte verwelkom. Die kamp het hierna beslis ‘n positiewe wending geneem.

Nadat almal nesgeskrop het, is daar aan die werk gespring. Die werksportefeuljes is  bekend gemaak en uiteengesit. Leiers moes  aandui by watter portefeulje hulle tydens hul diensjaar betrokke wil wees.

Twee jong suksesvolle entrepreneurs van Labit Maatskappy, Ettiene Van Greenen en Conrad Du Plessis, het op onderwerpe soos leiersvaardighede en effektiewe spanwerk gefokus. Hulle het individuele gesprekke met elke leier gevoer en hul sodoende gehelp om hul sterk eienskappe te identifiseer.

Donderdag het die span hande uit die moue gesteek en met die beplanning van die verskillende aktiwiteite begin. Die Metropolitain was eerste aan die beurt. Na ‘n lang, maar suksesvolle dag en ‘n gastronomiese aandete, is die skoene uitgeskop en ‘n opskop-sokkie gehou. ‘n Ken-mekaar-aand het gevolg. Hier het die leiers geleentheid gehad om lewensverhale met mekaar te deel, verhale wat die emosionele band tussen hul versterk het.

Vrydag is die glansgeleentheid, die Mini Brag 2019, beplan. Spanbou het weer aandag geniet. Die fasiliteerders het ‘n sessie oor leierskapvaardighede aangebied. Die dag se aktiwiteite is met ‘n heerlike braai en sokkie afgesluit.

Pastoor Wian Vos het die Saterdag by die groep aangesluit en aandag aan die noodsaaklikheid van ‘n sterk geestelike fondament geskenk. ‘n Onvergeetlike “Praise and Worship” het hieruit voortgevloei. Die belewenis het beslis tot ‘n samehorigheidsgevoel tussen die leiers bygedra. Meneer Gouws, ons nuwe skoolhoof, het ook van die geleentheid gebruik gemaak om woorde van wysheid met ons te kom deel.

Sondag het te vinnig aangebreek en die einde van die kamp was in sig. Na die oggenddiens, gelei deur Pastoor Wian, het die prefekte-komitee huiswaarts gekeer.

Hoërskool Punt se 2019-prefekte bedank Conrad, Ettiene, Pastoor Wian , mnr. Gouws, Me. Schoeman en Mnr. Neethling vir hul insette. Dankie vir die geleentheid om te kon voorberei vir die uitdagings van 2019.

Ex Altis in Altiora – Van hoog na hoër!

Nina-Marié Knoetze

[/et_pb_text][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal