Hiermee ‘n kort opsomming van ons atletiek vir die jaar sover.
Vanaf 1 Mei 2017 is Mnr. Chris Rossouw in beheer van Atletiek by HS Punt.
Atletiek-toerusting is opgradeer soos bv. hekkies wat nie op standard was nie is herstel en die skool het nou 60 splinternuwe hekkies.
Die Top 10-atletiekbyeenkoms het op 30 September 2017 by die Van Riebeeck stadion plaasgevind en bykans 500 atlete van regoor die land het deelgeneem. Punt-atletiek het 5de geeindig.
Verder is byeenkomste in Bredasdorp en die SWD Talent-id in Oudtshoorn bygewoon. Tydens hierdie byeenkomste het ons atlete hul beste gelewer.
Punt spog ook met puik afrigters wat elke Maandag tot Donderdag afrigting doen.
Tydens ons jaarlikse prysuitdeling is Sherno Pick met die Senior Victor Ludorum prys en Andrea Kommer met die Senior Victrix Ludorum beloon.