Francois Gerber en Altus Lourens van Hoërskool Punt in Mosselbaai, het op Saterdag, 4 Augustus aan ‘n Afrikaans vasvra-kompetisie oor die roman Onderwêreld in George gaan deelneem. Elf skole in die Eden en Sentraal Karoodistrik het deelgeneem.
Altus het die tweede plek met 88% behaal en dring deur na die finale rondte waar hy teen die ander distrikswenners van die Wes-Kaap gaan deelneem.