Punt se 0/16A-rugby het onlangs n veldtog geloods om rugbystewels vir hul buurskool, Indwe, se 0/16-rugbyspan in te samel.  Op Dinsdag, 16 Mei 2017, het die twee spanne vir n tweede keer kragte gemeet en alhoewel Punt gemaklik 70-10 gewen het,  is vriendskappe gebou en baie harte bly gemaak. Baie dankie aan elkeen wat die projek ondersteun het.
Baie dankie aan ons ouers en veral Me. Thea van der Linde en Me. Lizett Golden wat die leiding geneem het!

 

Waar kom dit vandaan?

Twee maande gelede was dit was baie hartseer om `n paar 0/16 seuns te sien, wat kaalvoet, teen Hoërskool Punt kom rugby speel het…..`n paar ouers wou graag `n verskil maak en dit hulle saak gemaak om te probeer help..Baie dankie aan almal wat `n ou paar rugbystewels geskenk het, daar is nog so paar seuns wat baie graag stewels benodig. Ek wil graag vra dat ons as gemeenskap sal bydra to hierdie projek. Die seuns wat vandag stewels ontvang het, was net te dankbaar en dit kon duidelik op hulle gesigte gesien word! Vir meeste is dit `n “ou” paar gebruikte stewels maar vir die seuns beteken dit die Wêreld!!! Indien julle graag `n bydrae maak, kontak gerus Hoërskool PUNT High School by 044 691 2247

Foto is van beide o/16-spanne na die wedstryd geneem

Become a Sponsor