Die A-spanne van HoërskoolPunt in Mosselbaai, het die afgelope naweek goed presteer by die Bellville-netbaltoernooi.
Die o/14-span wen teen Hoërskool Hottentots Holland, La Rochelle Girls’ High, Hoërskool De Kuilen, Hoërskool Bredasdorp en Hoërskool Sentraal (Beaufort-Wes).
Hulle verloor ongelukkig teen Hoërskool Stellenberg. Die o/16-span wen teen Hoërskool Hottentots Holland, Hoërskool Stellenberg en Hoërskool Bredasdorp. Hulle speel gelykop teen La Rochelle Girls’ High.
Die o/17-span wen teen Hoërskool Hermanus, La Rochelle Girls’ High, Hoërskool Porterville, en Hoërskool Stellenberg. Hulle speel gelykop teen Hoërskool Brackenfel.
Punt se eerstespan wen teen Hoërskool Bredasdorp, Hoërskool Hottentots Holland en La Rochelle Girls’ High. Hulle verloor teen Hoërskool Bellville.
Baie dankie aan die borge wat dit vir die leerders moontlik maak om hierdie toernooie by te woon en so te kan groei in die sport.
Foto: Punt o/17 span vlnr: Sanel Wessels, Simoné Koen, Courtney Williams, Cayla Atsell, Charnique Prins, Carmel Treurnicht, Shané Snyders en Me. J. Snyders (afrigter)