Foto vlnr: Carla Smit, Cozette Pretorius, Janika Pretorius, Mariné Botha, Fanie Keyser en Uys Keyser
Hoërskool Punt se Radikale Redenaars was baie bedrywig en maak graag hul puik prestasies bekend.
Die Radikale Redenaars het uitstekend presteer. As gevolg van Covid-19 kon die Radikale Redenaars nie voortgaan soos gewoonlik nie en het dit dus aanlyn plaasgevind.
Punt het uitstekende resultate gelewer!
Die volgende leerders presteer in die katogorie Afrikaans Moedertaal (voorbereid):
Cozette Pretorius behaal ‘n A+
Mariné Botha behaal ook’ n A+
Carla Smit behaal ‘n A+
Janika Pretorius behaal ook ‘n A+ simbool.
Die volgende leerders presteer in die individuele Eksperimentele afdeling:
Uys Keyser en Fanie Keyser behaal elk ‘n A.
Punt het ook twee spanne ingeskryf:
Span 1: Fanie Keyser, Reece Meyer, Zehani Lodewyk en Roelindi Pretorius. Hulle het ‘n A+ simbool behaal.
Span 2: Uys Keyser, Kayla Esselen, Mariné Botha en Stephanie Muller. Hierdie span het ‘n A simbool behaal
Foto’s verskaf