Hoërskool Punt, Mosselbaai, stel hul onderwysers aan ons lesers bekend: Mnr I van Zyl
Geboortedorp: Mosselbaai
Skool gematrikuleer: Hoërskool Punt (1984)
Verdere studies by: Stellenbosch kurses by Onderwyskollege Oudtshoorn en daarna B Ed by UOVS
Skole waar ek voorheen onderwys gegee het:
Hoërskool Noordkaap en daarna Adamantia.
Vakke wat ek tans by Punt aanbied:
Lewenswetenskappe en Natuurwetenskap
Sport/Kultuur/Akademiese prestasies op skool of daarna:
Rugby, Hokkie,Tennis,Muurbal, Life saving en skyfskiet. Volkspele, Landsdiens, Natuurlewestap.
Stokperdiejies: Tuinwerk, houtwerk, sweiswerk en verf
Iets interessant omtrent myself: Junior Springbokklere vir Volkspele. Was 1984 in Europa waar ons vertonings in 7 Europese land gehou het. Ook deelgeneem aan Volksdansfees in Studgardt
My boodskap aan Punt: HARDE WERK word ALTYD beloon. Mens kan nie n kurkprop permanent onder die water hou nie. Moenie jou ophou met negatiewe mense nie. Wees altyd vriendelik en wees dankbaar vir wat jy het. Waardeer jou familie en vriende.