1STE SPAN VS YORK OP SATERDAG 4 FEBRUARIE 2017:

York wen die loot en besluit om 1ste te kolf.  Hulle teken 208 lopies in 47 beurte aan.  Beste met die bal is Marco Coetzee met 5/28.  Punt gaan kolf en teken 150 lopies aan in 20 beurte.  Jan-Hendrik Marx 45, ST Schoeman 46 en Luan Els 42.

Die reen het toe die wedstryd bietjie geknyp en Punt wen volgens die Duckworth-Lewis stelsel.

Foto aangeheg:

Agter links: Luan Els, Charl Burger, Franco Kruger, ST Schoeman, Marco Coetzee, Reece Taljaard, Ian Visser, Estiaan Hobbs, Mnr Dewald de Lange

Voor van links: Lwazi Mpato, Jan-Hendrik Marx en Luyanda Mketshane

 

PUNT T20-SPAN VS LANGENHOVEN GIMNASIUM

Punt wen die uitspeel wedstryd met 64 lopies nadat Langenhoven slegs 57 lopies kon aanteken. T20 wedstryd is op Maandag, 6 Februarie 2017 in Mosselbaai gespeel.

 

Become a Sponsor