Hoërskool Punt Hoofseun. Dit is vir Schools That Rock ‘n voorreg om ‘n paar vrae te vra aan MJ de Lange, Hoofseun van Hoërskool Punt, Mosselbaai, vir 2022.
MJ, hoe sien jy jou rol as hoofleier van Hoërskool Punt?
My rol as hoofleier is definitief om te dien en ander se hande te vat om spanwerk te motiveer. Ek glo as jy ander bo jou self stel kry jy meer reg. ‘n Goeie idee word ‘n puik idee as mense saamwerk. Ek wil dien, en liefhê en leer en seker maak dat elke leerder weet hy of sy ‘n doel en plek in die lewe het.
Hoe het die afgelope 4 jaar by Hoërskool Punt jou vir die rol as leier voorberei?
In Graad 8 het ek op die VRL gedien. Die onderwysers gee ons deurlopend in sport en klas-sitsuasies die kans om te presteer. Die vraag is altyd of ons dit gebruik of nie.
Na wie sien jy op vir inspirasie of mentorskap?
My mentor is Jesus Christus, want toe hy op die aarde geleef het was hy ‘n “servent leader” gewees. Hy het Homself nooit verhoog nie en het mense gedien. Sy voorbeeld leer my om nederig te bly en ander te dien soos Hy gedien het.
Watter studieriging beoog jy na skool?
Ek wil graag in ‘n ingenieurswese rigting studeer. As dit die Here se wil is om voltyds te studeer en ek ‘n beurs kry, sal dit puik wees of ek sal deur ‘n Maatskappy werk en studeer om my doelwitte te bereik.
Wat staan vir jou die meeste uit by Punt?
Die manier hoe ons Skoolhoof, mnr Gouws, leiding neem en hy en ons personeel vinnig optree in elke sitsuasie. Soos dinge verander is hulle gereed. Dit leer ons om positief gereed te wees vir dit wat die lewe bring, en maak nie saak wat gebeur nie, nooit moed op te gee nie.
Dink jy dat deelname aan sport verpligtend moet wees in skole?
Nee, sport moet nie nog ‘n wet word nie. Leerders moet eerder gemotiveer word om deel te neem aan sport.
Wat het jy die meeste geniet tydens jou skoolloopbaan?
Die opwinding en gees wat gepaart gaan met die sport en skool-byeenkomste was vir my ‘n hoogtepunt gewees.
Wat is jou doelwitte vir Punt tydens jou dienstermyn?
Ek sal graag ‘n merk wil maak, iets nuut wil implementeer. Kinders leer “To live and let live”. Jy is net so sterk soos jou swakste punt. Om meer positiwiteit onder leerlinge te bring. En ek wil my termyn geniet!!
Wat motiveer jou om jou ideale te bereik?
Ek stel vir myself doelwitte en ander se sukses-verhale motiveer my om my doelwitte te bereik. Ek leer uit hul foute en vat hul advies en implementeer dit in my lewe.
Hoekom sou jy leerders aanraai om ook deel van Punt te word?
By Hoërskool Punt is jy nie net ‘n nommer nie. Dis ‘n skool met geestelike waardes. Ons word nog geleer om ons ouers te respekteer en mekaar lief te hê. Hier is verskeie sport- en kuluurgeleenthede en ek dink ons is ‘n “AWESOME” skool.
Wat is jou toekoms-ideale?
Om elke dag my beste te doen. Mik hoër as wat jy droom. Bid oor als voordat jy net doen. Vra raad. Ek wil studeer, hard werk en die beste man word wat ek kan wees. Ek wil ‘n impak maak op ander.
Foto verskaf
Lees meer oor Hoërskool Punt: