Drie van Punt se gholfspelers was deel van die Langebergstreek gholfspan wat op Vrydag 1 September op George aan die Interstreek kompetisie deelgeneem het. Die kompetisie word jaarliks tussen Langebergstreek, Oudtshoorn/Karoo en Georgestreek beslis. Die Georgestreek het nie ‘n span gestuur nie en toe was dit ‘n tweestryd tussen Langeberg en die Karooboere. Langeberg tree met 93 punte teenoor die70 van die Karooboere as wenners uit die stryd.
Ulrich Steinhobel met 26 punte was die beste speler in die Langeberg span.