Hansie Barnard en Mnr. Lance van Niekerk (Personeellid Hoërskool Punt) wat Hansie na Kaapstad vergesel het.
Hansie Barnard van Hoërskool Punt in Mosselbaai, is in die Top 20 in die Wes-Kaap en in die Nasionale Top 60 na sy deelname Saterdag, 27 Julie, in Kaapstad. Die finale uitslae sal gedurende Augustus bekend gemaak word.