)

Hoërskool Punt-atlete presteer tydens vakansie

Jordan Jaars, seuns o/15 Spiesgooi, het vanaf 20 – 23 Maart, as deel van die WP-Atletiekspan, aan die SA Skole Kampioenskappe in Port Elizabeth deelgeneem.

Hy het gekwalifiseer om te gaan deelneem, deur ‘n goue medalje (met ‘n afstand van 58,59m) in die Paarl, tydens die Wes-Kaap byeenkoms, te verower.

Jordan het tydens die byeenkoms in Port Elizabeth ‘n afstand van 42,63m gegooi wat hom ‘n 13de plek besorg het en hom een van die beste junior spiesgooiers in die land maak.

Elné Conradie en Danelle Human het vanaf 28 – 30 Maart, in die Paarl aan die ASA Juniors deelgeneem. Elné het aan die 800m deelgeneem, waarin sy ‘n tyd van 2:21.09 hehaal het. Dit het aan haar ‘n 7de plek besorg.

Danelle het aan die 100m deelgeneem, met ‘n tyd van 12.80, wat aan haar ‘n 6de plek besorg het.

Wat hulle uitslae spesiaal maak, is dat Elné in die o/18 ouderdomsgroep deelgeneem het en Danelle in die o/20 ouderdomsgroep, ‘n ouderdomsgroep hoër as waarin hul normaalweg meeding.

Hoërskool Punt is baie trots op Jordan, Elné en Danelle met hulle pragtige uitslae.

Baie geluk ook aan hul afrigters vir die harde werk agter die skerms.

Foto bo: Danelle Human

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal