)

Hoërskool Punt AJ Sportweek

Die 8ste AJ Sportweek het vanaf 15 – 20 Maart plaasgevind. 26 Rugbyspanne (18 x o/19 spanne, 4 x o/16 spanne en 4 x o/14 spanne) het aan die Sportweek deelgeneem.

Hoërskool Punt het weereens baie goed gevaar. Die 1ste rugbyspan het baie goeie rugby gespeel en het teen Riebeeckrand 31–7 gewen, 7 – 5 teen Hangklip gewen en ongelukkig teen Frikkie Meyer, wat in die doodsnikke ‘n drie gedruk het, 31–17 verloor.

Die O/19 B Span het teen Diamantveld B 10-19 verloor , Adamantia 24 – 0 gewen en Middelburg 22 -10 gewen.

Die O/14-span het 2 wedstryde teen Melkobosstrand 17-12 en 12-0 gewen. Die o/16-span het 3 wedstryde gespeel teen: Landboudal 5-29 verloor, teen Sao Bras 17-12 gewen en teen Stoffberg 0 –10 verloor. Die spanne het baie goed gespeel in baie kompiterende wedstryde.

Hansie Barnard, Reece Taljaard en Henco Senekal is in die Travel and Sport Rugbyspan ingesluit. Hierdie span sal gedurende die September-vakansie na Italië toer.

Mnr Gustav Steinhöbel is ook gekies as die afrigter van hierdie span saam met Pierre van Jaarsveld van Frikkie Meyer Hoërskool.

‘n Uitstekende afrigtingsessie deur Vlok Cilliers en sy span, Matthew Proudfoot, wat huidiglik die Springbokke se hulp-afrigter is en Devon Raubenheimer, voormalige SWD en Springbokspeler is op Dinsdag, 19 Maart aangebied en die afrigters en spelers het dit geweldig geniet.

(Foto:) Matthew Proudfoot

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal