Ter viering van Wêreld Fotografiedag deel ons ‘n paar oomblikke wat deur ons Pietie-fotograwe vasgevang is…
PHS…sedert 1921 ‘n skool wat die pas in die Noorde aangee.
Hoërskool Pietersburg is in 1921, onder leiding van Mnr PC Vercueil, gestig. Nagenoeg 100leerders en vyf personeellede het deel van die aanvanklike Pietie-korps gevorm.
Vir die afgelope 97 jaar het PHS onder die bekwame bestuur van sewe hoofde gestaan, waarvan die huidige hoof, mnr Willie Schoeman, in Julie 2008 by die skool aangesluit het. Die skool se dissipline, sport, akademie en kultuur floreer onder mnr Schoeman se streng en doelgerigte leiding. Sy hande word versterk deur nagenoeg 70uiters bekwame, akademiese personeel, wat daagliks gereed staan om die 1300 Pieties van die beste opleiding te voorsien.
Hiervan getuig die talle uitsonderlike prestasies waarmee gereeld op akademiese, sport- en kulturele vlakke gespog word.
Hoërskool Pietersburg is die enigste enkelmediumskool in die Limpopo Provinsie en slegs Afrikaansword as medium van onderriggebruik ( behalwe in die vak, Engels).