PHS se Eerstespan Hokkiedogters het die afgelope naweek in Potchefstroom deelgeneem aan ‘n uitnodigingstoernooi vir Eerstespanne.
Van die top spanne in Suid-Afrika was teenwoordig gewees tydens hierdie elite toernooi en deel PHS graag die uitslae.
Poelwedstryde: PHS 9-0 Potch Volkies
PHS 0-3 Hoër Meisieskool Oranje
PHS 1-1 St Mary’s (Waverly)
Uitspeel vir plekke 5-8: PHS 7-0 Sasolburg
Uitspeel vir plekke 5-6 PHS 2-0 Bethlehem Voortrekker Hoërskool
PHS is baie trots op hierdie dogters en kyk met afwagting na hul wedstryde vir die res van die seisoen.
Foto verskaf