)

Hoërskool Outeniqua: Wes-Kaap Topskole Skaaktoernooi

Voor vlnr:  Wikus Jordaan, Kyle Beukes, Sune Swart (Kapteine), Dora Campbell (Dogters O/18 kapteine)

Agter vlnr:  Lionel Campbell (spanbestuurder), Juan Odendaal, Grant Campbell, Corne Fourie, Cameron Botes.

Die Kwagga skaakspan het deelgeneem aan die Wes-Kaap Topskole skaaktoernooi in Ceres. Die 2 stopkole in elke ouderdomsgroep in Eden/ Metro/ Overberg/ Cape Winelands/ Weskus/ Sentraal Karoo het aan hierdie toernooi deelgeneem om die Wes-Kaap topskole skaakspan vir 2019 te kroon. Outeniqua se o/18 ope en o/18 dogters-span was ook twee van die skole wat Eden verteenwoordig het en het hul beste gegee. Die o/18 ope span het algeheel 2de geëindig en die silwer medalje verower.  Corne Fourie (bord 5) het ook die beste op sy bord gevaar en daarvoor ‘n bordprys verower.  Die dogters-span het ook uitstekende skaak gespeel en algeheel 4de geëindig in die dogters o/18 groep.

Die o/18 ope span het algeheel 2de geëindig en die silwer medalje verower. Kwaggas se skaakspelers se dissipline was uit die boonste rakke en goeie spangees het deurlopend geheers.

Baie dankie aan elke ouer,  Mnre Conrad van Zyl en Lionel Campbell asook Juf de Beer vir alles wat julle vir die Kwaggas se skaak beteken. Dit word opreg waardeer.

Hoërskool Outeniqua is baie trots op hierdie skaakspelers.

Kwaggas wat Silwer medaljes verower het (O/18 Ope)

Vlnr: Lionel Campbell (spanbestuurder), Cameron Botes, Kyle Beukes, Corne Fourie, Grant Campbell, Wikus Jordaan, Sune Swart en Juan Odendaal

Agter vlnr:  Mnr Pietie Steyn (Weskaap skaak voorsitter)

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal