Foto: agter vlnr: Cameron Stronach, Mari Coetzee, Evert Kleynhans, Annelie van der Vyver, Jaco van der Merwe, Surene Lombaard, Fillip Venter , Marlene Roux , Heinrich du Plessis en Nadja de Jager
Voor: Elrinda van der Schyff, Marni Acker, Minneke van der Merwe en Liesie Theron
Hoërskool Outeniqua in George het 14 nuwe personeellede aangestel vir die nuwe skooljaar.
Cameron Stronach bied Landbou Wetenskap en Lewenswetenskap aan, Mari Coetzee bied Visuele en Skeppende kunste aan, Evert Kleynhans LO en Geskiedenis, Annelie van der Vyver Ontwerp en Skeppende kunste, Jaco van der Merwe EBW en Rekenkunde, Surene Lombaard Afrikaans Huistaal, Fillip Venter is die Adjunkhoof: Dissipline & Wiskunde, Marlene Roux English First Additional Language, Heinrich du Plessis Gimnasium, Nadja de Jager is die bestuurder: Vroulike werkers, Elrinda van der Schyff LO en Lewenswetenskap, Marni Acker English First Additional Language, Minneke van der Merwe assistant-onderwyser en Liesie Theron bied Afrikaans Huistaal aan.
Outeniqua wens die nuwe personeellede ‘n gelukkige en lang verbintenis met Hoërskool Outeniqua toe.