Sonica Roux Tweede in die Wes-Kaap
Baie geluk aan Hoërskool Outeniqua se twee 2020 matriekleerders, Sonica Roux en Rhodé Ferreira, wat op 9 Maart Provinsiale toekennings ontvang het, en op die Wes-Kaap se merietelys is.
Sonica Roux is vereer met die tweede plek in die Wes-Kaap. Sy het ook op Nasionale vlak die derde plek in SA vir kwintiel 5 skole ontvang.
Die Kwaggas is besonder trots op hierdie twee toppresteerders en wens hulle baie voorspoed met hul toekoms toe!
Foto’s verskaf