Foto’s vlnr: Carla Ferreira en Michaela Hand
Op Saterdag, 6 Maart, het twee Erries, Carla Ferreira en Michaela Hand aan die Athletics Vaal Triangle liga-byeenkoms deelgeneem.
Carla Ferreira (o/17) behaal ‘n vierde plek in spiesgooi met ‘n afstand van 38 meter.
Michaela Hand (o/14) wen die gewigstoot met ‘n afstand van 10,62 meter. Sy behaal ook ‘n derde plek in skyfwerp met ‘n afstand van 28,58 meter.
Baie geluk aan die twee dogters met die prestasies. EHS is trots op julle.