Hoërskool Outeniqua in George spog vanjaar met twee leerders wat besonder goed in die jaarlikse landswye Poort-Skryfkompetisie presteer het, nl. Marizyl Marais (gr.12) en Annika van Santen (gr.10).
Marizyl se prosawerk getiteld “ Wanneer stiltes praat” het haar onder die top vyf wenners geplaas. Sy is dan ook na ‘n slypskool, wat in die Julie-vakansie gaan plaasvind by die Universiteit van die Vrystaat, uitgenooi Haar werk word ook in Poort 2018 opgeneem en gepubliseer.
Annika se gedig met die titel “My Afrika” is een die werke wat in Poort 2018 gaan verskyn.
Die Poort-Skryfkompetisie is ‘n projek van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, wat ten doel het om skeppende skryftalent in Afrikaans by hoërskoolleerders aan te moedig en sodanige kreatiwiteit uiteindelik te waardeer en aan ‘n groter gehoor bloot te stel. Hierdie kompetisie vind sedert 1971 plaas.