)

Hoërskool Outeniqua leerders presteer in Poort-Skryfkompetisie

Hoërskool Outeniqua in George spog vanjaar met twee leerders wat besonder goed in die jaarlikse landswye Poort-Skryfkompetisie presteer het, nl. Marizyl Marais (gr.12) en Annika van Santen (gr.10).

Marizyl se prosawerk getiteld “ Wanneer stiltes praat” het haar onder die top vyf wenners geplaas.  Sy is dan ook na ‘n slypskool, wat in die Julie-vakansie gaan plaasvind by die Universiteit van die Vrystaat, uitgenooi  Haar werk word ook in Poort 2018 opgeneem en gepubliseer.

Annika se gedig met die titel “My Afrika” is een die werke wat in Poort 2018 gaan verskyn.

Die Poort-Skryfkompetisie is ‘n projek van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, wat ten doel het om skeppende skryftalent in Afrikaans by hoërskoolleerders aan te moedig en sodanige kreatiwiteit uiteindelik te waardeer en aan ‘n groter gehoor bloot te stel. Hierdie kompetisie vind sedert 1971 plaas.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal