Foto bo: Vlnr: Yvonne de Villiers, Hannes de Lange en Annemy van Rooyen
Die Kwaggas van George se Ella Rossouw, Alex König, Toiné van Heerden, Yvonne de Villiers, Hannes de Lange, Annemy van Rooyen, Pieter Roux, Carla Krüger Joslin Swanepoel, Carina Duvenage, Aíne Ferreira, Caro Gilomee, Zimy Welgemoed en Zike Welgemoed het uitstekend presteer in die ATKV Suid-Kaap Debatkompetisie wat op 20 Mei vir juniors en 21 Mei vir seniors te Riversdal plaasgevind het. Hiermee die onderskeie junior en senior spanne se prestasies asook dié wat deurgedring het na die Nasionale kompetisie wat later aangekondig sal word.
Juniors: Twee Kwagga spanne endig onder die top 5 van 13 spanne.
1ste en dring deur na Nasionale rondte: Yvonne de Villiers, Hannes de Lange en Annemy van Rooyen
3de: Ella Rossouw, Alex König en Toiné van Heerden
Seniors: Vier Kwagga spanne endig onder die top 5 van 15 spanne.
1ste en dring deur na Nasionale rondte: Zimy Welgemoed en Zike Welgemoed.
3de: Aíne Ferreira en Caro Gilomee
4de: Joslin Swanepoel en Carina Duvenage
5de: Pieter Roux en Carla Krüger
Die skool is baie trots op dié Kwaggas.
Foto’s verskaf