Hier verskyn die matriek-slimkoppe van Hoërskool Outeniqua. Hierdie leerders het onlangs die skool se hoogste toekenning vir akademie ontvang, nl. Erekleure. Om daarvoor te kwalifiseer moes leerders vanaf hul graad 10 jaar ‘n gemiddelede persentasie van 80% en meer behaal het.
Die Kwaggas is trots op julle en wens julle alle voorspoed toe met die eindeksamen wat voorlê.