Die SPW Kwagga Gholfdag is weer vanjaar op 30 November te Fancourt ten bate van die Kwagga Trust aangebied.
Die hoofborg was vir die tweede agtereenvolgende jaar Sanlam Private Wealth.
Lynn Schroeder BMW, Shell Kraaibosch en Hollard was die ander ondersteunende borge wat die dag moontlik gemaak het.
Die dag was vol opwinding en verwagtinge met ‘n moontlike “hole-in–one” wat ‘n gelukkige speler ‘n volle R100 000,00 in die sak sou kon bring! Dié wonderlike uitdaging sal verseker weer aangebied moet word, sodat daar ‘n wenner kan wees!
‘n Baie groot dankie vir die hulp en ondersteuning van die Ouerkomitee met die reëlings en aanbieding van die Kwagga Gholfdag. Hulle is, Lehanti Cronje, Marian Balt, Minette Nortje, Johnny & Crystal Visser, Elna Coetzee, Maxie Pretorius, Marieke Vermaak en Mnr Hendrik Smit.
Aan die besighede wat bowwe geborg het, pryse vir spelers geskenk het of items geskenk het vir die veiling, ‘n besondere woord van dank en waardering.
Die spelers het die geleentheid baie lojaal ondersteun en ‘n groot groep oud-Kwaggas was deel hiervan.
Verskeie Kwagga-gholfouers het ook die dag ondersteun. Op die foto staan die “rooispan” by die bof wat deur Sportscentre geborg is, Hulle is foto bo: vlnr, Willie & Marian Balt, Johnny Visser en Wynand Potgieter.
Die afslaers en oud-Kwaggas, Louis van Rensburg en Daniel van Schalkwyk, van Van Rensburgs Auctions, het hul uitstekend van hul taak gekwyt.Die mees gewildste item was die jagpakket wat deur die oud-Kwagga, Ryan Albutt van Oryx Trail Game Lodge & Safaris geskenk is.
Die gelukkige koper was Danie du Toit van DIGICOMMS.
Die vierbal wat met die louere weggestap het, was die spelers van Smart Office Connexion. Hulle is vlnr, Marcel de Ridder, Colin Hougaard, Zane Pretorius en Dimitri Theuopholis. Dié gelukkige span het onder andere ‘n spoggerige prys by die luukse Sky Villa Boutique Hotel in Plettenbergbaai gewen.
Die spelers was ook baie bevoorreg om die dag te geniet saam met Cliff Botha, gholfjoggie van die wêreldbekende Spaanse gholfspeler, Miguel Jiménez. Op die foto staan Herman Hengeveld van die Fancourt Gholfkomitee links van Cliff Botha by die geraamde veiling items van Jiménez.
Die Kwagga Trust, asook Hoërskool Outeniqua, wat die enigste begunstigde van die Kwagga Trust is, spreek graag sy opregte dankbaarheid teenoor die hoofborg, Sanlam Private Wealth, asook alle ondersteuners van die gholfdag uit.
Die mooi bedrag van R197 376,00 is tydens die geleentheid ingesamel.