Foto: Nicklen Gelderbloem
Nicklen Gelderbloem, Gr. 11 leerder van Hoërskool Outeniqua, het die afgelope naweek ‘n huiskonsert aangebied waar hy ‘n program van pragtige kitaarmusiek uitgevoer het.
Die geleentheid is deur sy onderwyser, Mev. Olga Schoeman, ‘n bekende harp en klassieke kitaar spesialis in die Tuinroete-omgewing, aangebied. Die program het oor ‘n verskeidenheid werke uit die skatkis van klassieke repertorium beskik en is meersterlik deur die jong Nicklen vertolk.
Die gehoor is verder trakteer met jazz duet-items saam met gas-kunstenaar, Kerwin Albertus, op saksofoon. Die sestienjarige musikant is nederig oor sy besonderse talent en skryf sy liefde vir musiek toe aan sy familie en die blootstelling wat sy grootouers hom as jong seun gegee het.
Outeniqua is trots op hierdie Kwagga en sien uit na nog vele vertonings!