)

Hoërskool Outeniqua bied Etensuur konsert aan

Die Musiekdepartement van Hoërskool Outeniqua het op Woensdag 14 Maart ‘n baie suksesvolle Etensuur konsert aangebied as deel van die NG Moedergemeente se konsertreeks. ‘n Verskeidenheid werke, onder andere My Favourite Things (uit The Sound of Music), The Pirates of the Caribbean temalied en Danny Boy is deur die Instrumentale Ensemble (o.l.v. Ruan van der Vyver), Vokale ensemble (o.l.v. Karin Netley) en Jazz-band (o.l.v. Lynette Petersen) voorgedra. Daar was ook solo items gelewer deur Lara Vellema op fluit en Elizma Beyleveld op klavier. Twee van die Gr. 11 vakmusiek leerders, Franco Engelbrecht (klavier) en Kerwin Albertus (saksofoon) het van hul oorspronklike komposisies aangebied. Die kwaliteit van elke uitvoering was van ‘n besonderse hoë gehalte en is met groot waardering deur die gehoor ontvang. Die Jazz-band – beter bekend as “Die Katz” het die program afgesluit met die energie – ryke werk getiteld Soweto is where it’s at deur die legendariese komponis Abdullah Ibrahim.

Hierdie leerders is die lede van die Vokale Ensemble:

Ry 1 – Ben van Niekerk, Franco Engelbrecht, Mondor Arries

Ry 2 – Elisa Bernardo, Yzanne Potgieter, Karin Netley (afrigter), Karien Burger, Dian Swanepoel

Ry 3 – Dominique Janse van Rensburg, Elizma Beyleveld, Mia Moore, Lee Miller, Ian Grobler

Ry 4 – Anke van der Schyff, Marize Gouws, Thinus Botes, Eckardt Muller

Ry 5 – Nadeane Maritz, Kerwin Albertus

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal