Laureka Wallace
Struisies is baie trots op hul hoofmeisie, Laureka Wallace, wat vanjaar aan die Matrikulant van die Jaar-kompetisie deelgeneem en wonderlik presteer het!
Die kompetisie word reeds die afgelope 39 jaar deur die Universiteit van die Vrystaat en die Volksblad aangebied om topleerlinge na Kovsies te lok. Laureka is as een van die top 25 deelnemers uit 92 inskrywings aangewys.
Struisies hou duim vas Laureka!!