Tydens ‘n Nasionale Wiskunde Olimpiade vir alle graad 8-9 leerders in SA is die top tien van elke skool landswyd vergelyk met mekaar. Hoërskool Oudtshoorn het eerste gekom in hierdie ranglys vir uitmuntende wiskunde prestasie!!!
So trots op ons Struisies met 81,50% waar die nasionale gemiddeld slegs 59,34% was. Geluk aan die volgende ses leerders wat bo 80% gekry het – voorwaar ‘n uitmuntende prestasie !! Dit plaas die Struisies landswyd eerste !!!!
Zoe Davids 95% (top kandidaat landwyd)
Armand Orffer 92% (tweede landwyd)
Ben Greeff 87% (vierde landwyd)
Riaan Maartens en Lienke le Roux elkeen met 82% (beide sewende landwyd)
Alex Kister met 80% (agste landwyd.)
Welgedaan Struisies!