)

Hoërskool Oudtshoorn se seuns 0/18A hokkiespan presteer

Hoërskool Oudtshoorn se seuns o/18A hokkiespan het aan die Arthur Johnson hokkie toernooi deelgeneem.

Die uitslae was as volg:

16 Maart: Wen teen Melkbosstrand 5-0
Verloor teen Swellendam 0-1
18 Maart: Wen Hoërskool Punt 1-0
Wen teen Vryburg 5-0
19 Maart: Wen teen Labori 2-0

Op 20 Maart het die uitspeel-wedstryde plaasgevind waar Struisies in die semi-finale teen Vryburg gespeel het.

Ongelukkig het hulle verloor teen Vryburg 0-1. Struisies het toe vir die 3de plek uitgespeel en het na ekstra tyd 1-0 gewen teen Hoërskool Punt.

Baie geluk aan Struisies met die 3de plek in die toernooi!

Robert Swart en Luke Jonker is aangewys as die spelers wat die meeste doele aangeteken het.

Adriaan de Beer is aangewys as die mees belowende doelwagter.

William Davids, Luke Jonker, Troy Meiring en Adriaan de Beer is dan ook gekies vir ‘n Suid Afrikaanse uitnodiging span wat in Oktober aan ‘n hokkietoer in België en Duitsland gaan deelneem.

Dit is ‘n jong span wat in ‘n bou-proses is, en as ons dit in ag neem, het hulle uitstekend gevaar.

Ons sien uit na die komende seisoen!

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal