Hoërskool Oudtshoorn se seuns o/18A hokkiespan het aan die Arthur Johnson hokkie toernooi deelgeneem.
Die uitslae was as volg:
16 Maart: Wen teen Melkbosstrand 5-0
Verloor teen Swellendam 0-1
18 Maart: Wen Hoërskool Punt 1-0
Wen teen Vryburg 5-0
19 Maart: Wen teen Labori 2-0
Op 20 Maart het die uitspeel-wedstryde plaasgevind waar Struisies in die semi-finale teen Vryburg gespeel het.
Ongelukkig het hulle verloor teen Vryburg 0-1. Struisies het toe vir die 3de plek uitgespeel en het na ekstra tyd 1-0 gewen teen Hoërskool Punt.
Baie geluk aan Struisies met die 3de plek in die toernooi!
Robert Swart en Luke Jonker is aangewys as die spelers wat die meeste doele aangeteken het.
Adriaan de Beer is aangewys as die mees belowende doelwagter.
William Davids, Luke Jonker, Troy Meiring en Adriaan de Beer is dan ook gekies vir ‘n Suid Afrikaanse uitnodiging span wat in Oktober aan ‘n hokkietoer in België en Duitsland gaan deelneem.
Dit is ‘n jong span wat in ‘n bou-proses is, en as ons dit in ag neem, het hulle uitstekend gevaar.
Ons sien uit na die komende seisoen!